My Calendar | Radio Events

Radio Stories :: Kortom

 

Zenobia reads Pieter W. Grobbelaar's short story Kinders van die Waterslang ('n Griekwa-Geskiedenis) on 21 October 2014 from 21:40-22:00 on RSG (100-104 FM).

Peter W. Grobbelaar (1930-2013) is regarded as the best known and most versatile writer of folklore. He not only drew on our local stories, but also from world literature and retold it in Afrikaans in a South African perspective.

His story, Kinders van die Waterslang, is one of many stories collected in the short story anthology Die ding in die riete (compiled by Jean Lombard and published by Tafelberg).

"In this collection of stories a wondrous world of myths unfolds across many cultures and boundaries. In 'Die ding in die riete' we meet, among others, the evil snake in the Creation Myth, the water snake of the Khoisan, with all his sexual and carnal connotations, and the Chinese portrayal of Kwan Yin, a snake of wisdom. Not to mention the mermaids and other marvellous creatures. Antjie Krog says, 'I found the stories absolutely mesmerising. Each one is as good as the next and I sat spellbound reading them all. In my opinion something precious has been gathered here. Incredible that all the stories are so good.'"

"In hierdie bloemlesing ontvou die wonderwêreld van mites oor verskeie kulture en grense heen. In Die ding in die riete ontmoet ons opnuut die bose slang in die Skeppingsverhaal, maak ons kennis met die Khoisan se waterslang en al sy seksuele en lyflike konnotasies en leer ken ons die Chinese uitbeelding van Kwan-Yin, ’n slang van wysheid. Om nie van die meerminne en ander wonderbaarlike wesens ’n woord te rep nie. Antjie Krog sê: 'Ek het die stories absoluut boeiend gevind en agtergekom ek sit vasgenael terwyl ek elke een van hulle lees. Die een is werklik so goed soos die ander en ek dink dit is ’n wonderlike skat wat hier bymekaargemaak is. Ongelooflik dat ál die stories so goed is.'"

Volgens Antjie Krog in haar inleiding vir Die ding in die riete word die essensie van die slang in die letterkunde soos volg in ’n gedig deur Roy Campbell saamgevat:

I wish my life, O suave and silent sphinx
Might flow like yours in some strenuous line,
My days the scales, the years the bony links
That chain the length of its resilient spine:
And when at last the moment comes to strike,
Such venom give my hilted fangs the power,
Like drilling roots the dirty soil that spike,
To sting these rotted wastes in to a flower.


 

 

 
Date Event Synopsis Frequency Time Podcast
Tuesday,
Oct. 21
Kinders van
die Waterslang

Zenobia reads Pieter W. Grobbelaar's short story Kinders van die Waterslang ('n Griekwa-Geskiedenis). RSG
(100-104 fm)
21:40-22:00 Podcast

Radio Theatre :: Steriel

 

Zenobia portrays the role of Suster Abrahams / Versendingsbeampte in the latest RSG (Radio Sonder Grense) radio theatre drama feature, Steriel. Steriel is the story about two paramedics who work on Vehicle 65 from the Delft Dispatch on the Cape Flats.

Steriel, written by Gideon van Eeden, is a highly acclaimed, exciting, contemporary and hard-hitting Afrikaans drama that portrays a triangle of human extremes. The radio drama, directed by Eben Cruywagen, stars Zenobia Kloppers, Brendon Daniels, Wessel Pretorius and Dean Smith.

"Die titel van die drama is beskrywend van die gebied en die mense wat daar woon, enersyds, en die lewensgevaarlike én lewensbelangrike werk wat deur paramedici verrig word, andersyds. Nie alleen is dit noodsaaklikheid dat die binneruim van die ambulans steriel gehou moet word nie, ook die karakters lewer kommentaar op die sterieliteit van die gemeenskap en hulle persoonlike lewens. Gesoute radiospelers, Brendon Daniels, Wessel Pretorius en Zenobia Kloppers word gehoor, terwyl Dean Smith vir die eerste keer sy buiging voor die mikrofoon maak."

Pictured in the photo: Gideon van Eeden as Francois in STERIEL, a play on drug abuse and violence in South Africa.

Watch the drug scene excerpt from Steriel featuring Gideon van Eeden at http://goo.gl/gXrgX3

 
Date Event Synopsis Frequency Time Podcast
Thursday,
Oct. 02
Steriel
Zenobia vertolk die rol van Suster Abrahams en die Versendingsbeampte. Die ander spelers is Brendon Daniels, Wessel Pretorius en Dean Smith. RSG
(100-104 fm)
20:00-21:00 Podcast

Radio Theatre :: Die Maansfaktor

Zenobia portrays the role of Elizabeth Beukes in the latest RSG (Radio Sonder Grense) radio theatre series, Die Maansfaktor, weekdays from Wednesday, 13 November 2013 at 14:45 on RSG (100-104 fm).

Maans Swiegers, ’n oud Afrikaans-onderwyser, het sy pa se ysterwarewinkel in Rondebosch in die Kaap geërf. Hy is gaande oor gereedskap en ’n broddelaar in die hoogste graad wat glo hy kan enige ding verbeter of heelmaak. As dit maar waar was... Swiegers is die komiese hoofkarakter in RSG se nuwe middagvervolgverhaal. Die Maansfaktor, geskryf en geregisseer deur Eben Cruywagen, begin Woensdag 13 November om 14:45. Die ander karakters in die verhaal is Dorothea, Maans se vrou; hul dogter, Jolandi; en hulle boesemvriende, Pieter en Elizabeth Beukes, en hul seun, Denton. Dan is daar ook die twee avontuurlustige vryskut-joernaliste - Charl Venter en Billy Daniels, wat die land op hulle motorfietse deurreis op soek na interessante mense en plekke waaroor hulle artikels skryf.

Drie storielyne veroorsaak die wipwaentjierit: Eerstens — Maans en sy goeie vriend, Pieter, en hulle projek wat hulle tot hulle vrouens se ergernis in ’n gehuurde skuur bedryf. Tweedens — die avonture van die twee vryskutjoernaliste, Charl en Billy. Charl is die skrywer en Billy die fotograaf. Hulle voer hulle amper nomadiese bestaan ook nie sommer om dowe neute nie. Wat kan só erg wees dat ’n suksesvolle joernalis uit die bloute bedank en letterlik koers kry? Derdens — Denton wat vlug voor sy donker verlede. Iets wat so byna Maans en Pieter hulle vriendskap gekos het, en wat Denton nagmerries besorg.

Aan romanse ontbreek die verhaal ook nie. Jolandi probeer vergeefs die man van haar drome aankeer. Denton se verlede weerhou hom daarvan om hoegenaamd romanties betrokke te wil wees. En Charl worstel self ook maar om sy hartsake te orden. Billy is glad nie die romantiese soort nie. Of so het hy gedink!

Die spelers is Charl van Heyningen, Susanne Beyers, Frieda van den Heever, Royston Stoffels, Zenobia Kloppers (foto), Charlton George, Albert Maritz, André Samuels, Euodia Samson, Ivan Abrahams en Johann Stassen. Vier nuwelinge maak ook hulle radiobuiging: Gina Assanté, Keenan Herman, Trude Gunther en Joey Meissenheimer.

Date Event Synopsis Frequency Time Podcast
Wednesday,
Jan. 8
Die Maansfaktor
(Episode 40)
Die groot oomblik breek aan: Maans en Pieter gaan die eerste fase van hulle projek demonstreer. Na Maans se kort, maar begeesterde toespraak, is daar eers ’n ontploffing, toe bars ’n bom en toe’s die koeël deur die kerk! Gelukkig, soos dikwels in sulke omstandighede die geval is, is dit ook waar vir Maans en kie: Eind goed, als goed! RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Tuesday,
Jan. 7
Die Maansfaktor
(Episode 39)
Billy is hoogs ongelukkig oor die oproep wat Charl van Elna ontvang nog voor hulle eers die voordeurklokkie kan lui. Charl wil met alle geweld vroeg ry om by Elna te wees, maar dan maak Landi die voordeur oop … RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Monday,
Jan. 6
Die Maansfaktor
(Episode 38)
Landi is baie bly om Sandy weer te sien, maar wat sy by die huis kom doen het, gaan veral nie haar ouers gelukkig maak nie… Dan daag Charl en Billy by Maans-hulle se huis op vir die groot bekendstelling van die projek. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Friday,
Jan. 3
Die Maansfaktor
(Episode 37)
Maans en Pieter is albei baie opgewonde oor die sukses van hulle eksperiment én die twee joernaliste, Charl Venter en Billy Daniels. Vir Dorothea en Elizabeth is dit moeilik om agter te kom waaroor hulle mans die meeste opgewonde is, en dít maak hulle bekommerd! Só bekommerd, dat hulle die nag nie kan slaap nie. Maar vroeg die volgende oggend, kry Pieter en Elizabeth ’n reuse verrassing. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
Jan. 2
Die Maansfaktor
(Episode 36)
Met Maans en Pieter se suksesvolle proefrit agter die rug, is hulle nou gereed vir die volgende stap. Op Laingsburg probeer Billy tevergeefs om Charl te laat afsien van sy voorneme om sy verhouding met Elna Schoeman te hervat. Die beste raad is om met Denny se pa in verbinding te tree om ’n afspraak te maak sodat hulle kan besluit of daar ’n artikel in die projek van ene menere Swiegers en Beukes opgesluit lê. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
Jan. 1
Die Maansfaktor
(Episode 35)
Elizabeth is erg terneergedruk oor Denny se skielike vertrek, veral nou dat sy weet hy gaan hom tussen ’n klomp boewe onder gevaarlike omstandighede in Rome bevind. Maans en Pieter is gereed vir hulle volgende eksperiment. Pieter is benoud en skepties, maar Maans is vol vertroue! RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Tuesday,
Dec. 31
Die Maansfaktor
(Episode 34)
Denny se vervroegde vertrek na Rome is vir almal behalwe vir hom ’n skok. Op die lughawe ontmoet Bibi hom om vir oulaas sy opdrag met hom te bespreek. Maans probeer Landi troos en erken dat hy nie sterk is by sulke geleenthede nie, en daarom liefs ’n veilige afstand handhaaf. Dan daag kolonel John Lucas op … RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Monday,
Dec. 30
Die Maansfaktor
(Episode 33)
Pieter kom geskok en verdwaas by die huis aan. Elizabeth is besorg en Dorothea wil dadelik weet of Maans veilig is. Nadat sy telefonies met hom in verbinding was, is sy darem gerusgestel dat die boer bereid is om buite die hof te skik. Denny daag vroeër as wat verwag is by die huis op met skokkende nuus vir Pieter en Elizabeth. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Vrydag,
Dec. 27
Die Maansfaktor
(Episode 32)
Charl is onbeholpe en onseker van homself in die geselskap van Elna Schoeman. Dit maak Billy baie boos en hy verskoon homself. Intussen, op ’n kleinhoewe op Phillipi naby die skuur waar Maans en Pieter hulle groot projek bedryf, wei ’n trop beeste baie rustig en ongestoord. Totdat Maans sy eksperiment lanseer…! RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
Dec. 26
Die Maansfaktor
(Episode 31)
Met Scooter en Mandy albei dood, kan Denny met gerustheid sy kunsloopbaan in Rome begin. Charl en Billy probeer meer inligting oor die swart paneelwa en ene Bibi Bernardo by kolonel John Lucas bekom, maar hy bly vaag en afsydig. Daardie aand in ’n restourant op Laingsburg, beleef Charl ál die slegte herinneringe wat sedert Merweville by hom spook, van voor af … RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Tuesday,
Dec. 24
Die Maansfaktor
(Episode 30)
Charl en Billy neem afskeid van Denny by die restourant op Laingsburg. Die volgende oomblik sien hulle hoe die swart paneelwa Denny se vragmotor in die rigting van Beaufort-Wes begin agtervolg. Nadat hulle die polisie in kennis gestel het, besluit hulle om sélf ook maar daardie rigting in te slaan, nét vir ingeval die paneelwa koers kies veld toe, of die insittendes uitspring en die veld in hardloop as die polisie hulle sou voorkeer … RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Monday,
Dec. 23
Die Maansfaktor
(Episode 29)
Die swart paneelwa verskyn weer op Prins Albert en peil openlik af op Charl en Billy. Dié keer kry hulle die registrasienommer te sien en gaan gee dit vir die polisie. Scooter jaag Laingsburg toe en besluit dat, sou hy die twee motorfietsryers dáár raakloop, hy van hulle ontslae sal raak. Op Laingsburg aangekom, merk Scooter ’n vragmotor van Beukes Transport op … RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Friday,
Dec. 20
Die Maansfaktor
(Episode 28)
Op Merweville konfronteer Billy vir Charl oor sy terneergedruktheid en skryf dit toe aan die omgewing wat baie slegte herinneringe in hom wakker gemaak het. Landi bel Denny by Beukes Transport, maar hy beëindig die gesprek voordat sy behoorlik met hom kan praat. Sy ry na Beukes Transport en kan nie glo wat haar oë sien nie. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
Dec. 19
Die Maansfaktor
(Episode 27)
Landi is gebroke en vertel Maans die volgende dag by die winkel waaroor sy en Denny gesels het. Om haar op te beur, vertel Maans presies hoe hy die skuur se muur met ’n gemotoriseerde deur afgebreek het. Pieter se potensiële kliënt daag op by Beukes Transport. Dit is hoegenaamd nie waarvoor hy óf Denny hulle voorberei het nie!. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
Dec. 18
Die Maansfaktor
(Episode 26)
Elizabeth en Pieter ontvang ’n oproep van ’n polisiebeampte wat sê dat hy met hulle oor Denny wil kom gesels. Elizabeth is agterdogtig en glo dis een van Scooter Julies se trawante wat Denny probeer opspoor. Maans sê vir Pieter hy het ’n bestelling geplaas vir ’n baie spesiale eksperiment. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Tuesday,
Dec. 17
Die Maansfaktor
(Episode 25)
Dis al middernag en Dorothea en Elizabeth raak erg bekommerd oor hulle mans. Pieter bel om te sê daar was ’n kléin ou ongelukkie, maar dat hulle op pad is huis toe. Dorothea verwag die ergste. Denny wil Landi die volgende dag in ’n restourant ontmoet om te gesels, en Maans praat sy mond verby oor die oproep van Mandy September wat Denny so ontstel het. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Monday,
Dec. 16
Die Maansfaktor
(Episode 24)
Op Prins Albert gewaar Charl en Billy die swart paneelwa wat die dorp uit ry en besluit om by elke vorm van akkommodasie op die dorp te gaan aanklop om te kyk of Miss Bernardo dalk daar tuisgegaan het. Maans besluit om die nuwe, swaarder deur aan die skuur wat hulle in Phillipi huur, te motoriseer. Maar nie eers Pieter kon met al sy vertwyfeling voorsien waarvoor hy homself inlaat nie … RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Friday,
Dec. 13
Die Maansfaktor
(Episode 23)
Denny kom by Maans-hulle eet op Landi se uitnodiging, maar sy kom gou agter daar is iets verkeerd, maar hy wil nie daaroor praat nie. Na ete vra Maans Denny uit oor Pieter se afspraak die volgende dag met ’n potensiële kliënt, en besef Pieter het nie die volle waarheid gepraat nie. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Friday,
Dec. 13
Die Maansfaktor
(Episode 22)
Mandy se oproep na Denny ontstel hom geweldig en Pieter belowe om hom ten alle koste te beskerm. Elizabeth is ewe ontsteld en dring daarop aan dat Pieter Denny administratief in Beukes Transport aanwend. Denny maak ’n oproep na ’n geheimsinnige persoon. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
Dec. 12
Die Maansfaktor
(Episode 21)
Charl en Billy probeer om meer inligting oor Miss Bernardo in die motel se gasteboek te kry, maar word net deur meer raaisels begroet. Wie is in die swart paneelwa en is daar ’n verband tussen Miss Bernardo en die paneelwa? Scooter Julies glo Denny het Charl en Billy gevra om hom en Mandy September dop te hou. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
Dec. 12
Die Maansfaktor
(Episode 20)
Charl en Billy se ondersoek lei na ’n chalet by die motel op Beaufort-Wes waar hulle tuisgaan. Wie of wat wag hulle in agter die deur wat hulle die ganse oggend al sit en dophou? Maans wys Pieter planne vir die bou van ’n straalmotor, wat ’n motor se aanjaer inkorporeer, en daar byt die gogga Pieter ook! RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
Dec. 11
Die Maansfaktor
(Episode 19)
Landi en Denny se soen ontketen gemengde reaksie onder die ouers: Elizabeth en Dorothea is hoogs tevrede dat hulle plan gewerk het om die twee bymekaar te kry, maar Maans en Pieter is hoogs ontsteld. Wanneer die vrouens uitvind wat die rede vir hulle mans se ontevredenheid is, steek hulle dit vir mekaar weg. Op Beaufort-Wes ontdek Billy dat die geheimsinnige swart paneelwa weer uit die niet verskyn het en hy en Charl besluit om ondersoek in te stel. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
Dec. 11
Die Maansfaktor
(Episode 18)
Die waarheid oor Maans se besering kom aan die lig en Landi besluit dis tyd om sake tussen haar en Denny reg te stel. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
Dec. 5
Die Maansfaktor
(Episode 17)
Maans-hulle se huis is uiteindelik weer gereed om bewoon te word na die skade wat die suigwaaier en die stukkende waterpyp veroorsaak het. Maans demonstreer met trots die nuwe suigwaaier en Elizabeth en Dorothea besluit om Denny en Landi te uitoorlê. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
Dec. 4
Die Maansfaktor
(Episode 16)
Charl en Billy kom op Bloemfontein aan waar ’n geheimsinnige swart paneelwa Charl byna omry. Elizabeth en Dorothea probeer agterkom wat die vorige dag met Maans by die skuur gebeur het. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Tuesday,
Dec. 3
Die Maansfaktor
(Episode 15)
Denny bel Elizabeth uit die stad om te sê dat hy die een meisie wat vir hom alles beteken, gesê het hy stel nie meer in haar belang nie. Maans wys planne vir die bou van ’n straalmotor aan Pieter en verklaar dat hulle ’n sekuriteitstelsel vir die skuur moet installeer om nuuskierige oë van hulle bedrywighede af te hou. Pieter wil nog keer, maar Maans val sondermeer weg met die installering daarvan. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Monday,
Dec. 2
Die Maansfaktor
(Episode 14)
Denny hou vol dat Landi hom nie sal wil ken as sy alles omtrent sy verlede moes weet nie. Sy probeer hom oortuig om haar te vertel en verseker hom dat hy oor niks minderwaardig hoef te voel nie. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Friday,
Nov. 29
Die Maansfaktor
(Episode 13)
Maans erken teenoor Pieter dat Denny se verlede ook hulle vriendskap benadeel het en dat hy dit graag sou wou regstel. Dorothea verduidelik aan Landi hoekom Maans haar nie van die suigwaaier- en die waterpyp-episodes vertel het nie. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
Nov. 28
Die Maansfaktor
(Episode 12)
Landi nooi haarself vir ete by Maans-hulle en laat Maans in die verknorsing, want hy was veronderstel om Landi te vertel dat hulle tydelik by Pieter-hulle inwoon. Dorothea en Elizabeth praat oor Denny se donker verlede. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
Nov. 27
Die Maansfaktor
(Episode 11)
Pieter en Elizabeth bied aan om Maans en Dorothea verblyf te bied totdat die watertoevoer en die skade herstel is. Elizabeth en Dorothea bekla hulle lot oor hulle kinders wat in die buiteland is en waarskynlik nooit weer sal terugkom nie. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Tuesday,
Nov. 26
Die Maansfaktor
(Episode 10)
Nat en bedremmeld nadat Maans die waterpyp stukkend geslaan het, kry hy darem uiteindelik die toevoerkraan toegedraai. Pieter kom na middernag op Elizabeth se aandrang hoor of alles darem in orde is. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Monday,
Nov. 25
Die Maansfaktor
(Episode 9)
Charl en Billy se avontuur eindig op ’n positiewe noot voor hulle weer die pad Pretoria toe aandurf. Dorothea ontdek ’n paar teëls in die badkamer wat onheilspellend uitbol. Maans dring natuurlik daarop aan om ondersoek na die oorsaak in te stel. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Friday,
Nov. 22
Die Maansfaktor
(Episode 8)
Charl is aangegryp deur Barend en Stella se hartseer verhaal en besluit dat hulle professionele hulp moet kry. Terug op die dorp om by Jakes Baadjies uit te vind waar die naaste dokter is, gewaar Billy ’n vangwa in die skadu’s voor die Reddersfontein Hotel RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
Nov. 21
Die Maansfaktor
(Episode 7)
Charl en Billy probeer Stella oorreed om hulle los te maak sodat sy saam met hulle kan ontsnap, maar sy is te bang vir wat Barend aan haar sal doen. Toe dit begin lyk of Barend ernstig is om sy dreigemente teen die twee omies uit te voer, beraam Stella ’n plan. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
Nov. 20
Die Maansfaktor
(Episode 6)
Billy en Charl loop hulle ’n tweede keer vas op Reddersfontein nadat Billy ’n ou bakkie in die veld onder ’n bloekomboom gewaar het. Maans ontbied Japie, die elektrisiën, om die fiasko in sy braaikamer te probeer herstel. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Tuesday,
Nov. 19
Die Maansfaktor
(Episode 5)
Maans belowe Dorothea dat hy en Pieter niks op die lugmagveiling sal koop nie. Charl en Billy begin naarstiglik soek na Stella wat met Billy se selfoon, kamera en beursie verdwyn het. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Monday,
Nov. 18
Die Maansfaktor
(Episode 4)
Maans probeer Pieter oortuig dat hulle ’n ou straalmotor op ’n lugmagveiling moet koop, want hy het groot planne. Op Reddersfontein loop Charl en Billy hulle rieme styf teen die fraaie inbreker, Stella Verdoorn. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Friday,
Nov. 15
Die Maansfaktor
(Episode 3)
Landi nooi Denton na haar woonstel in Mouillepunt om te gaan koffie drink, en Charl en Billy oorrompel die inbreker. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
Nov. 14
Die Maansfaktor
(Episode 2)
Denny kuier by Landi in haar ateljee in Groenpunt waar sy besig is om te werk aan haar eerste uitstalling. Charl en Billy oornag op ’n klein Vrystaatse gehuggie, maar word gewaarsku dat daar ’n inbreker is wat die dorp die afgelope maand teister, en dat hulle miskien maar ’n oog oor hulle motorfietse moet hou. In die vroeë oggendure hoor hulle glas iewers breek. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
Nov. 13
Die Maansfaktor
(Episode 1)
Maans Swiegers is ’n oud Afrikaans-onderwyser wat sy pa se ysterwarewinkel in Rondebosch in die Kaap geërf het. Hy is gaande oor gereedskap en ’n broddelaar in die hoogste graad wat glo hy kan enige ding verbeter of heelmaak – en alhoewel hy presies weet hoe (sekere) dinge teoreties werk en inmekaar steek, veroorsaak hy chaos met al sy “kennis en ervaring”. Gevolglik is daar knaend iets erger verkeerd in en om die huis nadat hy dit “reggemaak” het, as daar voor. Die ander karakters in die verhaal is onder meer Dorothea, Maans se vrou; hulle dogter, Jolandi; en hulle boesemvriende, Pieter en Elizabeth Beukes, wat saam met hulle seun, Denton, oorkant Maans-hulle in ’n stil straat in Nuweland woon. Dan is daar ook die twee avontuurlustige vryskutjoernaliste, Charl Venter en Billy Daniels, wat die land op hulle motorfietse deurreis op soek na interessante mense en plekke. In die eerste episode maak ons kennis met die twee joernaliste, en Maans vervang ’n suigwaaier in sy braaikamer. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast

Radio Theatre :: Die Swerfjare van Poppie Nongena

Zenobia portrays the lead role of Poppie Nongena in RSG's (Radio Sonder Grense) hit radio theatre drama feature, Die Swerfjare van Poppie Swerfjare van Poppie Nongena, broadcasted at this year's Klein Karoo National Arts Festival (KKNK) in the CP Nel Museum on Friday, 29 March 2013 at 14:00.

Zenobia portrayed the role of Poppie Nongena in Poppie (the radiodrama) on RSG (Radio Sonder Grense) in 2006. Her interpretation and performance received rave reviews during and after the radiodrama's broadcast. Thereafter the radiodrama was broadcast during the 2008 Volksblad Arts Festival in the Vishuis Museum on Saturday, 12 July 2008 at 12:00. In 2012 Elsa Joubert, writer of Die Swerfjare van Poppie Nongena (the novel) and Poppie (the drama), celebrated her 90th birthday. To commemorate her life, RSG broadcasted Poppie (the radiodrama) on Thursday, 14 JUne 2012, and achieved the largest number of listeners in 75 years! Due to this achievement, and an increase in demand for Poppie (the radiodrama), the radiodrama was rebroadcast on Friday, 29 June 2012.

Zenobia Kloppers vertolk die titelrol in hierdie radioverwerking van die veelbekroonde verhoogweergawe van Elsa Joubert se boek, Die swerfjare van Poppie Nongena. Zenobia Kloppers se briljante vertolking gee ’n heel nuwe dimensie aan die rol en karakter. Die spelers, naas Kloppers, is Nic de Jager, Christo Davids, Ivan Abrahams, Juanita Swanepoel, André Rossouw en Johan en Lida Botha.

"... die regisseur, Margot Luyt, reken dit is een van die aangrypendste vertolkings ooit van hierdie gesogte rol."

"Liewe Zenobia, jou vertolking van Poppie was nog steeds 'n hoogtepunt in my 50 jaar in radio." – Mr. Nic de Jager (actor and ex-radio broadcaster)

"Wat 'n roerende werk.Zenobia het my hart gebreek met haar innige vertolking van Poppie. Baie dankie vir 'n skitterende stuk."

RSG het die hoogste luistersyfer ooit behaal in die 75 jaar van Afrikaanse radio met die onlangse uitsending (op 14 Junie 2012) van die radioteater-weergawe van Die swerfjare van Poppie Nongena (spelleiding deur Margot Luyt). Die radioverwerking het soveel reaksie ontlok dat RSG besluit het om dit weer uit te saai (op 29 Junie 2012).

Die skrywer Elsa Joubert vier in 2012 haar 90ste verjaardag en het vele toekennings vir haar roman ingepalm. Haar bekroonde boek Die swerfjare van Poppie Nongena bly een van Afrikaans se dapperste boeke. Dit het in 1978 verskyn en vertel die verhaal van ’n ma wat onderwerp is aan gedwonge verskuiwings deur ’n immorele stelsel en wat baklei het vir ’n beter toekoms vir haar kinders. Elsa Joubert en Sandra Kotzé het destyds die roman as verhoogdrama verwerk, terwyl Suzanne van Wyk die radioverwerking behartig het.

Date Event Synopsis Frequency Time Podcast
Friday,
March 29
Poppie Nongena
Zenobia Kloppers vertolk die titelrol. Die ander spelers is Nic de Jager, Christo Davids, Ivan Abrahams, Juanita Swanepoel, André Rossouw en Johan en Lida Botha. RSG
(100-104 fm)
14:00-15:00 Podcast

Radio Theatre :: Purgatorio

Zenobia reprises her role as Trix Pienaar in the latest RSG (Radio Sonder Grense) radio theatre series, Purgatorio (Die moetie-man kom weer), weekdays from 14:45 to 15:00 on RSG (100-104 fm) from Tuesday, 19 March to Tuesday, 14 May 2013.

Zenobia portrayed the no-nonsense Trix Pienaar in RSG's Inferno. Inferno, written by Charles Fourie and directed Joanie Combrink, kept listeners on the edge of their seats in 2010. Purgatoria, written by Charles Fourie and directed by Eben Cruywagen, is certain to keep listeners entertained.

Luisteraars gaan behoorlik naels byt wanneer die bekroonde dramaturg Charles J. Fourie se PURGATORIO op Dinsdag 19 Maart om 14:45 op RSG afskop. Dié vervolgverhaal is ‘n opvolg van INFERNO, waarin ‘n groep uiteenlopende speurders op die spoor was van ‘n ontwykende reeksmoordenaar.

Met die nuwe verhaal keer talle van die vorige karakters soos die afgetrede baasspeurder Frans Malan, vertolk deur Leon Kruger, en Trix September, vertolk deur Zenobia Kloppers, terug. Van die ander spelers sluit in Tinarie van Wyk Loots (as Sandra Malan), Brendon Daniels (Oscar Jacobs), Dorette Potgieter (as Brenday Gouws), Shirley Ellis (as Marijke Louw), Petrus du Preez, Neels Coetzee (as Koot van Tonder), Johan Botha (as Dokter Havenga) en Albert Maritz (as Handley Maritz).

Frans Malan moet in Purgatorio saam met die jong en aantreklike polisiekaptein Marijke Louw ‘n moetie-moordenaar probeer vang. Om sake verder te kompliseer, word Malan by ‘n verregse groep betrek wat beplan om die regering omver te werp deur middel van ‘n reeks terreuraanvalle. Verwag ‘n hele paar verrassings in hierdie reeks deur die skrywer van ondermeer die verhoogstuk Agterplaas, wat verlede jaar vir ses Fiësta-pryse benoem is.

Date Event Synopsis Frequency Time Podcast
Tuesday,
May 14
Purgatorio
(Episode 40)
DIE SLOT
Marijke vind uit dat Arlo reeds vir Koot vermoor het. Hadley trek Brenda en Dewald vas teen Tafelberg en daar is ‘n skietongeluk. Arlo Madder dreig om Marijke te skiet as Frans en Oscar by die toneel opdaag en Frans moet vir Marijke red uit Arlo se kloue. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Monday,
May 13
Purgatorio
(Episode 39)
Arlo Madder ontvoer Koot en gebruik hom as lokaas om Marijke weer te sien. Hadley is jaloers en kwaad vir Marijke dat sy weer saam met Frans Malan werk. Marijke en Frans gaan soek na Koot op sy plaas en Marijke kry ‘n oproep van Arlo Madder. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Friday,
May 10
Purgatorio
(Episode 38)
Marijke vra Frans om haar te help om Brenda en Dewald aan te keer. Hadley wil natuurlik saamgaan, maar kan nie. Brenda en Dewald daag op by Koot van Tonder se plaas. Fans konfronteer Marijke oor haar gevoelens vir Hadley. Arlo Madder ontsnap uit die inrigting. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
May 9
Purgatorio
(Episode 37)
Hadley konfronteer Brenda oor haar werklike verlede en verbintenis met Dewald Gerber. Marijke vra Frans om haar te help keer dat Hadley in ‘n strik trap. Brenda en Dewald onthul hulle ware identiteit op Tafelberg. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
May 8
Purgatorio
(Episode 36)
Frans besoek Giel Rademeyer en speel vir hom die opname wat hy van Koot gemaak het. Trix se begrafnis word gehou en Marijke vertel Hadley dat Brenda eens op ‘n tyd ‘n verpleegster was. Frans vind uit Tinus het vir Sandra gevra om te trou. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Tuesday,
May 7
Purgatorio
(Episode 35)
Hadley glo dat Brenda vir hulle iets wegsteek en besluit om haar eertydse kêrel, Dewald Gerber, se foto vir die kroegdame by die Hangklip Hotel te gaan wys. Oscar vra Frans om sy gesprek met Koot op te neem sodat hulle vir Giel Rademeyer teen Koot kan laat getuig. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Monday,
May 6
Purgatorio
(Episode 34)
Frans en Oscar poog om Tinus te red uit die ondergrondse bunker waar hy aangehou word en Frans word gewond. Brenda voel seergemaak dat Marijke kan impliseer dat sy vir die oorsaak van al die moorde was. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Friday,
May 3
Purgatorio
(Episode 33)
Frans word net betyds deur Oscar gekeer wanneer Frans die wapen op Koot van Tonder rig in ‘n desperate poging om uit te vind waar hulle vir Tinus aanhou. Marijke besoek vir Brenda en vertel haar dat die wag by Madder se inrigting ‘n ou skoolliefde van Brenda is. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
May 2
Purgatorio
(Episode 32)
Giel word ingeneem vir ondervraging deur Oscar en gemartel om inligting uit hom te kry oor waarheen Koot vir Tinus geskuif het. Marijke vra vir Hadley om hul aandjie saam stil te hou en bieg dat sy nog altyd gevoelens vir hom gehad het. Hadley vind uit dat daar ‘n verbintenis tussen Brenda en die wag by Arlo Madder se inrigting is. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
May 1
Purgatorio
(Episode 31)
Marijke voel skuldig oor Trix se dood en huil in Hadley se arms met verrassende gevolge. Frans vra Oscar om hom te help om Sandra te beveilig en hul ontmoeting word deur Giel Rademeyer onderbreek met nuus dat Koot vir Frans dringend wil sien. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Tuesday,
April 30
Purgatorio
(Episode 30)
Trix en Brenda hoor geluide buite die safe-house en Trix gaan kyk wat verkeerd is en loop haar vas in die moordenaar. Frans beskuldig vir Marijke dat sy nalatig is in haar werk en Sandra se lewe in gevaar gestel het. Hy vat vir Sandra weg van die safe-house af. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Monday,
April 29
Purgatorio
(Episode 29)
Die pad na die safe-house vanaf die dorp verspoel en Marijke en Hadley word gedwing om ‘n aandjie saam by die Hangklip Hotel te spandeer. Brenda vertel vir Sandra en Trix dat sy in Botha se goed gekrap en afgekom het op nog ‘n selfoon, en sy dink Botha is die moordenaar. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Friday,
April 26
Purgatorio
(Episode 28)
Trix daag op by die safe-house om vir almal kos te maak. Koot dink Frans gaan probeer om vir Tinus te bevry en sê vir Giel om voorsorgmaatreëls te tref. Marijke gaan soek vir Hadley op die dorp. Brenda vra Trix uit oor die moetie-moordenaar se modus operandi. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
April 25
Purgatorio
(Episode 27)
Brenda en Sandra is geskok oor die moord op Willemse en Marijke probeer hulle gerusstel. Frans konfronteer vir Koot van Tonder oor sy planne om die regering om ver te werp. Brenda vertel vir Marijke van haar verlede as ‘n verpleegster. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
April 24
Purgatorio
(Episode 26)
Hadley vind uit dat dokter Havenga ook destyds Arlo Madder se sielkundige was voor hy na die katolieke weeshuis gestuur is. Giel konfronteer vir Frans oor sy verlede in die Angolese oorlog. Willemse se lyk word gevind by die safe-house. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Tuesday,
April 23
Purgatorio
(Episode 25)
Hadley besoek weer vir Arlo Madder by die inrigting en vra hom om hulle te help om die moetie-moordenaar vas te trek. Kolonel September se hart is seer ná Oscar Jacobs se besoek en sy bieg teenoor Marijke dat sy nog gevoelens vir hom het. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Monday,
April 22
Purgatorio
(Episode 24)
Brenda kuier saam met ‘n vreemde skrywer by die Hangklip Hotel. Frans vertel vir Oscar van die bom-baadjies wat Koot wil gebruik én dat hulle vir Tinus aanhou. Marijke is keelvol om baba-wagter vir Sandra en Brenda te speel en bekla haar lot by kolonel September. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Friday,
April 19
Purgatorio
(Episode 23)
Frans ontmoet vir Giel Rademeyer en is geskok as hy uitvind dat hulle vir Tinus aanhou in die kelder by die plaas. Brenda besluit om uit te gaan vir ‘n drankie by die Hangklip Hotel nadat Marijke hulle verbied het om die safe-house te verlaat. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
April 18
Purgatorio
(Episode 22)
Koot vertel vir Frans van sy planne met die rekrute, maar noem nie dat hy Tinus aanhou nie. Brenda maak vir Sandra haar omelette-burlesque met komiese gevolge. Hadley vertel vir Marijke dat hulle dokter Havenga se lyk teen Tafelberg gevind het. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
April 17
Purgatorio
(Episode 21)
Koot en Giel sit honde op Tinus nadat hy uit die kelder ontsnap het. Sandra en Brenda ontmoet mekaar. Sandra is ongelukkig dat Frans nie inkom vir ete nie. Brenda vind uit dat haar broer eintlik ‘n reeksmoordenaar is en boonop vir Marijke geken het van skool af. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Tuesday,
April 16
Purgatorio
(Episode 20)
Tinus probeer ontsnap uit die kelder waar hy deur Koot van Tonder aangehou word. Marijke vertel vir Hadley dat dokter Havenga verdwyn het. Frans kom laai vir Brenda af by die safe-house en ignoreer vir Sandra. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Monday,
April 15
Purgatorio
(Episode 19)
Brenda bel vir Frans om haar te kom help nadat Havenga haar weer besoek het. Marijke skuif vir Sandra na ‘n safe-house op ‘n kleinhoewe buite Pringlebaai. Frans besluit om Brenda ook in die safe-house saam met Sandra te sit. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Friday,
April 12
Purgatorio
(Episode 18)
Hadley besoek vir Brenda en waarsku haar dat haar lewe in gevaar kan wees. Koot se regterhand, Giel Rademeyer, wys vir hom die bom-baadjies wat hulle in ‘n terreur-aanval gaan gebruik. Hadley is kwaad vir Marijke omdat sy vir Sandra by haar laat bly. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
April 11
Purgatorio
(Episode 17)
Koot wys vir Frans die opleidingskamp op die plaas en vra om hom by hulle aan te sluit en te help met die opleiding van sy rekrute. Sandra onthou dat dokter Havenga haar destyds behandel het nadat sy deur Arlo Madder ontvoer is. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
April 10
Purgatorio
(Episode 16)
Tinus word ontvoer deur Koot van Tonder en aangehou op die plaas. Havenga vertel vir Brenda dat haar broer Emile Rossouw, aka Arlo Madder, nog leef. Koot wil Tinus re-oriënteer om aan te sluit by hul verregse-groep. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Tuesday,
April 9
Purgatorio
(Episode 15)
Frans besoek vir Sandra om uit te vind wat tussen haar en Tinus gebeur het en ‘n argument ontstaan. Hadley kry vir Brenda in ‘n nagklub en vind uit sy werk kamtig vir Marijke. Brenda kry ‘n laataand verrassingsbesoek van dokter Havenga. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Monday,
April 8
Purgatorio
(Episode 14)
Frans kan sy oë nie glo nie toe Brenda by Lammie en Gerhardus se begrafnis opdaag. Marijke pleit by kolonel September om ‘n demper op Hadley te sit aangesien hy nie bevoeg is om iemand soos Arlo Madder te ondervra nie. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Friday,
April 5
Purgatorio
(Episode 13)
Frans ontmoet Koot van Tonder op sy plaas buite Vredendal. Brenda Gouws bied aan om vir Marijke ‘n informant te wees en haar te help om die moetie-moordenaar te vang. Hadley glo Arlo Madder is die brein agter die moetie-moorde. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
April 4
Purgatorio
(Episode 12)
Sandra laat weet vir Oscar dat Tinus verdwyn het ná hul bakleiery, en sy’s bekommerd oor hom. Hadley loop hom vas in ‘n manipulerende speletjie wanneer hy vir Arlo Madder by die inrigting besoek. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
April 3
Purgatorio
(Episode 11)
Hadley gaan praat met dokter Havenga en dreig om ‘n hofbevel te kry om toegang tot Arlo Madder se lêers te verky. Sandra en Tinus baklei nadat sy hom die waarheid van haar verlede vertel. Dokter Havenga besoek vir Arlo Madder. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Tuesday,
April 2
Purgatorio
(Episode 10)
Frans verneem dat Hadley per ongeluk vir Lammie Bester geskiet het en is bevrees oor hoe die leier van die verregse-groep, Koot van Tonder, gaan reageer. Marijke steek haar opgewondeheid weg as Frans haar besoek met ‘n bos blomme. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Monday,
April 1
Purgatorio
(Episode 9)
Tinus bieg teenoor Sandra dat hy die geld wat Frans hulle gegee het, gevat het om sy dwelmskuld te betaal. Lammie Bester word per ongeluk geskiet ná ‘n struweling met Hadley. Marijke herwin haar bewussyn in die hospitaal. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
March 28
Purgatorio
(Episode 8)
Frans besoek die prostituut Brenda om uit te vind of sy weet waar Gerhardus is. Hadley is nie gelukkig as Frans by die hospitaal opdaag om vir Sandra te kuier nie. Lammie Bester verneem van sy broer se dood en besluit om self by Brenda te gaan aanklop. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
March 27
Purgatorio
(Episode 7)
Lammie vertel vir Frans dat sy broer Gerhardus spoorloos verdwyn het nadat hy ‘n prostituut in Kaapstad gaan besoek het. Hadley vertel vir kolonel September dat hulle afgekom het op ‘n tweede lyk in die grot teen Tafelberg ná Marijke se ongeluk. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Tuesday,
March 26
Purgatorio
(Episode 6)
Oscar gaan kuier by Sandra om vir haar die geld van haar pa te gee. ‘n Reddingspoging word van stapel laat loop om Marijke uit die tonnel in die grot teen Tafelberg te red. Sandra se kêrel, Tinus, besluit om die geld wat Frans haar gegee het te hou. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Monday,
March 25
Purgatorio
(Episode 5)
Hadley is ongelukkig oor hoe Marijke hom behandel. Frans raak al beter bevriend met Lammie Bester en sy broer Gerhardus. Hadley en Marijke besoek weer die grot waar die moetie-moordenaar die lyk gelos het en ‘n ongeluk vind plaas. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Friday,
March 22
Purgatorio
(Episode 4)
Marijke besoek Arlo Madder by ‘n inrigting waar hy in isolasie aangehou word na hy ‘n mede-pasiënt aangeval het. Hierdie ontmoeting maak ou wonde oop, en Madder begin opnuut ‘n kat en muis speletjie met Marijke te speel. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Thursday,
March 21
Purgatorio
(Episode 3)
Marijke lig kolonel September in dat die inskripsie wat hulle in die grot gekry het uit die digter Dante Alighieri se Purgatorio kom, en dat daar moontlik ‘n skakel tussen dié moord en die eertydse reeksmoordenaar Arlo Madder kan wees. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Wednesday,
March 20
Purgatorio
(Episode 2)
Hadley en Marijke besoek die grot teen Tafleberg waar die vermeende moetie-moordenaar die eerste lyk gelos het. Marijke vind ‘n vreemde inskripsie teen die muur van die grot wat moontlik ‘n leidraad kan wees. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
Tuesday,
March 19
Purgatorio
(Episode 1)
Marijke arriveer in Kaapstad om haar ondersoek na die moetie-moordenaar te begin. Haar vriendelike verwelkoming deur Hadley het sy allermins verwag. Oud baas-speurder Frans Malan se rustige lewe word deur sy dogter se aankoms deurmekaar gekrap. RSG
(100-104 fm)
14:45-15:00 Podcast
 
 
 
Share   Contact   Connect   Follow
 
 
 
Tel: 021 685 6575
Fax: 086 697 1523
eMail:
 
 
Facebook facebook.com/zenobiakloppers
GooglePlus gplus.to/zenobiakloppers
Pinterest pinterest.com/zenobiakloppers
Twitter
 
BandPage zenobiakloppers.bandpage.com
ReverbNation
SoundCloud
YouTube
 
Copyright © 2002 – 2013 The MoZe Group. All rights are expressly reserved. Any reproduction of any information herein without prior written consent is strictly prohibited.
Website design and development by Antigone Design Studio. This site is best viewed with a screen resolution of 1024x768. Contact the Webmaster to report any errors.